Altesaam 21 dansers van Dance Domination Hillsboro van Marilize Griffiths het hul Protea-kleure verwerf en hul slag op ’n internasionale diskodans-kompetisie gewys.
Hulle het van 22 tot 25 Junie deelgeneem aan die internasionale dansorganisasie se disco-wêreldkampioenskapsbyeenkoms, wat in Chomutov in die Tsjeggiese Republiek aangebied is.
Daar het 1 996 dansers van 18 lande deelgeneem, wat die plaaslike dansers baie ondervinding in dié soort kompetisie gegee het. Die dansers het in afdelings soos disco in ’n kleiner groep, disco-duo en disco-solo-dans deelgeneem.