Dansers van die Chantall Hewitt Academy of Dance (CHAD) het aan die nasionale kampioenskap van die Dance Talent and Model Association (DTMA) deelgeneem en baie goed gevaar.
Die kampioenskapsbyeenkoms is van 18 tot 21 September by Carnival City aan die Oosrand aangebied. Hier is bewys dat Suid-Afrika se dansers oor talent, passie en toewyding van wêreldgehalte beskik.
Verskeie dansers van die CHAD het op die byeenkoms nasionale kleure ontvang het en is gekies om Suid-Afrika in Maart 2026 in die Internasionale MSC Galaxy of the Ocean-kompetisie te verteenwoordig.

Dansers wat gekwalifiseer het, is:
■ in die solo- ope afdeling − Atang Hlobo (ouderdomsgroep 2 tot 7 jaar);
■ die Pom Renegades-groep (8 tot 12 jaar) − Deané Koorzen, Elani van Niekerk, Gabriella Peschke, Izani Conradi, Nadine Koortzen en Vida Liebenberg;
■ die More than a Mirror-kwartet (senior groep) − Deané en Nadine Koorzen, Lianca van Wyk en Winley van Greunen;
■ as hip hop-solo-, klopdans-solo- en algehele junior klopdanswenner: Elani van Niekerk (7 tot 9 jaar);
■ in die kontemporêredansafdeling (15 tot 17 jaar), asook hip hop en liries (13 tot 15 jaar), die trofee-wenner as algeheel derde − Elbé Pienaar;
■ die Spotlight Souls Trio − Gabriella Peschke, Izani Conradi en Vida Liebenberg;
■ in hip hop-solo − Lianca van Wyk (10 tot 12 jaar)
■ in twee solo- ope optredes − Oarabile Nyaile (3 tot 5 jaar) as algeheel tweede; en
■ die No Mercy Sisters-duet (junior groep) − Winney en Winley van Greunen.
Chantell Hewitt het ook een van drie eerbewyse vir die nasionale dansafrigter van 2025 ontvang.
Volgens Hewitt, stigter en hoof van die dansakademie, is die prestasies ‘n bewys van die leerders se harde werk en deursettingsvermoë. “Ek en my assistent Janine is onsettend trots op elkeen van ons dansers. Hulle het gewys dat dissipline, passie en spanwerk resultate bring,” sê Hewitt.”Voorbereiding vir die reis na MSC Galaxy of the Ocean 2026 begin nou, en ek glo dat hulle Suid-Afrika met trots sal verteenwoordig.”Hewitt sê die organiseerders verdien groot lof vir hul uitmuntende werk en vir die skep van ‘n platform waar jong en ontluikende dansers hul vaardighede kan toon.



You must be logged in to post a comment.