Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandse lied op die verhoog van die Staatsteater gesing het, keer hy terug met ’n voortreflike huldeblyk aan die mees geliefde Nederlandse musiek vanuit die twintigste eeu. Sy nuwe program, De Wals van de Liefde, is vernoem na die titellied van Toon Hermans, en bring ’n keur van persoonlike gunstelinge wat sy musiekloopbaan ingrypend beïnvloed het.
Deur die jare was daar telkens versoeke vir Jannie se puik vertolkings van bekende “Hollandse” liedjies. Die program bevat onder andere Madeleine en Marieke van Jacques Brel, werke van sy vriende Jules de Corte en Robert Long, sowel as treffers van Herman van Veen. Vir musiekliefhebbers is hierdie produksie die unieke geleentheid om al die “toppers”, soos die Nederlanders dit noem, in een konsert te beleef.
De Wals van de Liefde was vanjaar ‘n ware treffer by die KKNK op Oudtshoorn.
Jannie word op die verhoog vergesel deur Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (alt-saxofoon), wat saam die warm atmosfeer van die Nederlandse musiek tot lewe bring. Die produksie word in samewerking met die Vlaams Zuidafrikaanse Cultuurstichting en die Vlaamse kultuurvereniging De Orde van den Prince aangebied, en die optrede in Wellington val spesiaal saam met die Feestdag van de Vlaamse Gemeenschap – ’n besondere kulturele geleentheid om te vier.
Vertonings:
- Wellington:
Vrydag, 11 Julie om 18:00 by die Bôrdienghuis-teater in die Breytenbach-sentrum.
Kaartjieverkope of inligting: WhatsApp Jeannine by 061 156 5386, of epos: bordienghuisteater@gmail.com - Bloemfontein:
16, 17, 18 Julie by die Vrystaat Kunstefees by die Naval Hill Planetarium, as hoogtepunt van die program se Kaapse toer.
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by Webtickets.
Liefhebbers van die Nederlandstalige musiek word hartlik uitgenooi om hierdie uitsonderlike musiekteatervertoning by te woon en saam te vier met Jannie du Toit en sy mede-kunstenaars.
Vir verdere inligting, besoek gerus www.janniedutoit.com.