Die beker is ons s’n!

Die beker is ons s’n!


Die grootste deel van die skare van 33 804 toeskouers wat Saterdag (24/06) op Bloemfontein se Toyota-stadion toegesak het, het soos een man gejuig toe die Vrystaat Cheetahs vanjaar se Curriebeker-eindstryd teen die Pumas met 25 – 17 wen. Dit is vanjaar die sewende keer in die geskiedenis van dié kompetisie dat die Vrystaat die Currie­beker wen. Die vorige kere was in 1976, 2005, 2006 (gelykop met die Blou Bulle), 2007, 2016 en 2019. Sien ook bl. 11. en bl. 12.Foto: Lientjie Mentz
Cheetahs

Bernard de Beer (3) en sy pappa, Johan by Ruan Pienaar.
Cheetahs

Duwan Swart, gr. 9 van die Hoërskool Jim Fouché.

Twee Cheetah-spelers Louis van der Westhuizen en David Brits teken ’n vlag.Foto: Lientjie Mentz

Die Cheetahs het Maandag (26/06) ondersteuners by die restaurant Hennie’s by Prellerplein ontmoet en handtekeninge uitgedeel. Hier is Izak van der Westhuizen, voorspeler-afrigter van die Cheetahs, met die Curriebeker saam met Ryan (13) en Owen Bruwer (11). Foto: Lientjie Mentz

Bo: Die Cheetah-spelers Louis van der Westhuizen en David Brits teken ’n vlag. Onder: Sandra Smith het haar twee kinders, Ethan (8) en Kaylee (4), gebring om die Cheetahs by Prellerplein te ontmoet. Foto: Lientjie Mentz

Pienkes Richter, verheug ná die Cheetahs se oorwinning in die Currie­beker-eindstryd Saterdag. Hy hou die rekord vir die langste stelskop, van 75,23 m, wat hy in 1989 as 28-jarige speler van Oud-Studente in ’n klubwedstryd opgestel het.Foto: Verskaf
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.