Die groep wat aan Partner Dance Club se senior pare-kompetisie deelgeneem het. Foto: Verskaf


Ná ’n stilte van drie jaar weens die Covid-19-pandemie het Lizelle du Plessis se Partner Dance Club op 27 April weer sy senior pare-danskompetisie aangebied.

Die kompetisie is in die NG kerk Wilgehof se kerksaal aangebied en 40 deelnemers van gr. 7 tot matriek, asook werkende jongmense en studente het deelgeneem in ’n verskeidenheid danse.

Dit sluit in sokkie, Boere-wals, Suid-Afrikaanse two step, asook meer tradisionele danse soos cha-cha, tango en swing.

Du Plessis sê die dansers het haar behoorlik gesmeek om weer so ’n lekker kompetisie te hê en dit is vir hulle sleg dat hulle van 2020 tot 2022 nie aan so ’n kompetisie kon deelneem nie.

“Vir nuwe dansers was die kompetisie ’n belewenis,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.