Die Franse Mark by VIlla Avianto word weer op 7 Mei aangebied en nie op 2 April soos aanvanklik beplan nie.


Met die skoolvakansie wat aangebreek het, neem die Franse Mark by Villa Avianto ook ’n ruskansie.

Die volgende mark sal op Saterdag 7 Mei aangebied word.

Suretha van Heerden, mede-eienaar van Villa Avianto en organiseerder van dié mark, sê mark­gangers kan na ’n lekker kuiergeleentheid uitsien.

Besoekers kan Saterdae om 07:00 die Spice Walk-staptog by Villa Avianto aandurf, waarna hulle ’n ontbyt kan geniet.

Die Franse Mark sal op dié datums aangebied word:

  • 7 Mei;
  • 4 Junie (Wintermark);
  • 6 Augustus;
  • 3 September;
  • 1 Oktober (Lentemark); en
  • 5 November.

You need to be Logged In to leave a comment.