Dié gesinne baat by boek

’n Spesiale boek vir aanneemouers en kinders is verlede week deur die Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs bekend gestel en word ten bate van Engo uitgegee en verkoop.


’n Spesiale boek vir aanneemouers en kinders is verlede week deur die Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs bekend gestel en word ten bate van Engo uitgegee en verkoop.

“Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ’n Spesiale iemand wat by ons kan kom bly,” skryf Jaco.

Die spesiale prenteboek vertel op ’n deernisvolle en prettige manier die storie van verskillende gesinne wat kinders aanneem.

Dit is die perfekte wegspringplek vir ouers wat met kinders oor aanneming wil gesels en dit help kinders om te verstaan dat elke gesin spesiaal is – al lyk hulle nie noodwendig dieselfde nie. Die boekie het illustrasies en ’n eenvoudige boodskap. Aan die agterkant van die boekie is ook wenke vir aanneemouers.

Die boek Jy is ’n Wens is in Afrikaans en Engels beskikbaar en kan gekoop word by alle groot boekhandelaars of direk by Engo Vrystaat teen R150 per boek.

  • Plaas jou bestelling deur ’n e-pos na info@engo.co.za te stuur of skakel 060-548-5543. Besoek ook www.engo.co.za vir meer inligting oor Engo. Engo is ’n nie-winsgewende en nie-regeringsorgansie, wat maatskaplike hulp aan individue en gesinne verskaf en onder meer betrokke is by die fasilitering van aannemings en hulp aan aanneem-gesinne.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.