Die liefde seëvier by Bloemfontein-museum

Kersfees is reeds vergete en oral in die winkels word ons herinner aan die dag van liefde op 14 Februarie wat die geleentheid bied vir geliefdes en verliefdes om mekaar te bederf.


Kersfees is reeds vergete en oral in die winkels word ons herinner aan die dag van liefde op 14 Februarie wat die geleentheid bied vir geliefdes en verliefdes om mekaar te bederf.

Die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein bied weer vanjaar ’n spesiale Valentynsdagpiekniek vir drie gelukkige paartjies.

Die paartjies sal op Saterdag 17 Februarie behoorlik bederf word met ’n piekniek in die museum se tuin waar hulle ’n romantiese middagete kan geniet.

Skryf in vir die kompetisie deur ’n inskrywingsvorm by Oliewenhuis in Harry Smithstraat af te haal en dit voor Dinsdag 13 Februarie om 17:00 weer daar te gaan aflewer.

Die wenners sal Woensdag 14 Februarie met behulp van ’n gelukstrekking aangewys word en hulle sal in kennis gestel word.

Rig navrae oor die kompetisie deur die museum te skakel by 084-714-9083 of stuur ’n e-pos na education@nasmus.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.