Dié ‘Paaseier’ ‘n moet

Hier is nou ‘n lekker idee vir almal wat mal is oor avokadopere.


As jy nie meer opgewonde raak oor Paaseiers van sjokolade nie, is daar dalk ’n ander Paaseier waaraan jy hierdie komende Paasfees kan smul.

Hierdie Paaseier is boonop gesond en heerlik – avokadopere.

Avokadopere is nou in seisoen en hoewel dit nou nie die goedkoopste vrug is nie, is dit heerlik op verskeie maniere.

Jy kan avokado by jou gebraaide biefstuk bedien of ’n slaai maak met romerige avokado’s, fyngedrukte komkommer, sagte kruie en ’n slaaisous van sojasous en rys-asyn, fyngedrukte knoffel en ’n paar rissievlokkies met sesamsaad en geroosterde grondboontjies bo-oor.

Hierdie slaai werk lekker saam met geroosterde lamsvleis.

Hier is egter ’n resep vir vis met ’n avokado-slaai waaraan jy heerlik kan smul.

Oondgebakte vis met avokado-tartaarsous

Dit is genoeg vir vier mense en neem so ’n halfuur om te maak.

Bestanddele vir die vis

Avokadopeer- of olyfolie

30 ml Parmesaankaas, fyngerasper

80 g gedroogte broodkrummels

15 ml visspeserye

8 ferm witvisfilette

1 eier, liggies geklop

Bestanddele vir die tartaarsous

10 ml kappertjiesaad, opgekap

3 klein agurkies, opgekap

2 sprietuie, opgekap

15 ml vars dille, opgekap

45 ml gewone jogurt

sap en skil van 1 suurlemoen

2 ryp avokadopere, geskil in blokkies gesny

Ekstra suurlemoenskyfies vir garnering

Ekstra dille vir garnering

Metode

Voorverhit die oond sot 180 °C.

Bedruip ’n bakplaat.

Meng die Parmesaan en broodkrummels in ’n bord.

Gooi visspeserye oor die vis, doop dit in die eier en dan in die broodkrummelmengsel.

Rangskik die vis op ’n bakplaat en bak vir ongeveer 10 tot 15 minute, afhangend van die dikte van die vis en tot goudbruin.

Maak die tartaarsous so:

Voeg die kappertjiesaad, agurkies, sprietuie en dille in ’n bak en meng saam.

Verdeel die mengsel en plaas die helfte in ’n mengbak met jogurt, suurlemoensap en -skil en een avokado en meng met handmenger.

Vou die res van die kappertjiemengsel by en roer deur.

Bedien die vis met die tweede opgesnyde avokado, tartaarsous en suurlemoenskyfies en garneer met dille.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.