’n Nasionale rekord van 480 mense wat aan een grasrolbaltoernooi deelneem, word beoog met die Ewie Cronje-rolbaluitdaging wat op 1 April om 10:00 by die Vrystaat-krieketstadion ’n eerste keer gehou word.
Johan van der Wath van Rolbal Suid-Afrika, wat die geleentheid reël, sê daar is al voor die pandemie begin met die beplanning hiervoor. Daar gaan tien speelperke wees, en spanne van vier kan deelneem.
Stuur e-pos met navrae aan Petri Watson by petri@cricket.co.za.
– Lientjie Mentz