Die vere maak wel die voël

Dit het behoorlik gekekkel en gekraai in die Protea-saal op die Bloemfontein-skouterrein toe die Nasionale Pluimveeskou van 10 tot 15 Julie daar plaasgevind het.


Dit het behoorlik gekekkel en gekraai in die Protea-saal op die Bloemfontein-skouterrein toe die Nasionale Pluimveeskou van 10 tot 15 Julie daar plaasgevind het.

Vanjaar het 92 vertoners 2 557 hoenders en watervoëls vir die skou ingeskryf.

Lukas van Niekerk, voorsitter van die Bloemfontein-pluimveeklub, sê plaaslike klublede het veral goed gevaar met groot rasse. Hy sê klublede is van oor die Vrystaat en Noord-Kaap heen en almal het aan die nasionale skou deelgeneem.

Een van die plaaslike lede is Nabbi Lekhehle. Dit was die eerste keer dat Lekhehle, van Thaba Nchu, aan ’n nasionale skou deelgeneem het.

“As die gogga jou eers gebyt het, dan kan jy nie genoeg kry nie,” vertel hy oor sy boerdery.

Nabbi Lekhehle van Thaba Nchu het aan sy eerste nasionale skou deelgeneem. Hier is hy met een van sy sussex-hoenders.

Lekhehle het meer as 100 skouhoenders, wat rasse soos sussex, brahma en orpington insluit.

Dieter Labuschagne van Pretoria het die beste hoender – ’n Indian Game – op die skou vertoon. Hy boer al 20 jaar met skouhoenders en skou al tien jaar, maar dit is die eerste keer dat hy ’n algehele wenner lewer.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.