Vrydag 22 Oktober
* John Rock Prophet tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Deure open om 18:00. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner in Langenhovenpark of op phoenixpro.com beskikbaar. Bespreek by 079-796-7975.
Saterdag 23 Oktober
* Be Human op die plaas Middelwater bied sy familiemark aan. Die plaas, kroeg, plaasdeli, Be Active-roetes, stalletjies, aktiwiteite en pretpark sal oop wees. Toegang kos R20, en kinders korter as 1 m betaal R10.
* Elandré tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Deure open om 18:00. Kaartjies kos R200 en is by Kiki Corner of op phoenixpro.com beskikbaar. Bespreek by 079-796-7975. Die vertoning word Sondag (24/10) om 20:00 herhaal.
* Die ATKV se Gemeenskapsteater bied ’n gratis dramawerksessie aan. Dit word van 10:00 tot 14:00 by Ons Kinderhuis aangebied. Bespreek deur 083-560-9178 te skakel.
Woensdag 27 Oktober
* As deel van die Vrystaat Kunstefees se aanlyn aanbod, VrySpraak-digitaal, gesels die skrywer Madré Marais met Susan Coetzer oor haar splinternuwe roman Die uil in die ysbos. Dié boekgesprek word op die Vrystaat Literatuurfees se Facebook-groep uitgesaai.
* Ruan du Toit tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R150 en is by Kiki Corner of op phoenixpro.com beskikbaar. Bespreek deur 079-796-7975 te skakel.
* Eunice High School se Kersmark begin. Dié mark, wat op die skoolterrein aangebied word, duur tot 6 November. Dit is elke dag van 10:00 tot 19:00 oop, maar op 6 November sluit dit om 14:00.
Donderdag 28 Oktober
* Prof. André Wessels gesels met Johan van Wyngaard oor die bekendstelling van sy boek Ons was daar: Sektor 20 & 70. Dié gesprek gee ook ’n oorsig oor oorlogsliteratuur. Dit begin om 17:30 vir 18:00 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in President Brandstraat. Parkeerplek is in Miriam Makebastraat beskikbaar. Bespreek voor 26 Oktober by Van Wyngaard deur hom by 083-7878026 te bel.
Vrydag 29 Oktober
* ’n Kunsuitstalling van die werk van Andy Galloway, oudredakteur van Express, vind van 17:00 tot 19:00 in die Woodland Hills-landgoed plaas. Skakel Adri van Veijeren by 082-417-7104 vir meer besonderhede.
* Die NG kerk Heuwelkruin se Kuierfees begin om 15:00. Skakel 051-436-6634.
Vrydag 5 November
* Die NG gemeente Estoire bied ’n kuierbasaar aan. Onder meer eetgoed en handwerk kan verwag word. Die basaar begin om 17:00 op die kerk se perseel op die hoek van Tibbie Visser- en Kerkstraat. Rig navrae aan ds. Robbie Du Toit by 084-401-6117.