Vrydag 29 Oktober
* ’n Kunsuitstalling van die werk van Andy Galloway, oudredakteur van Express, word van 17:00 tot 19:00 in die Woodland Hills-landgoed aangebied. Bel Adri van Veijeren by 082-417-7104 vir meer besonderhede.
* Die NG kerk Heuwelkruin se Kuierfees begin om 15:00. Skakel 051-436-6634.
* Die Fich-mark begin om 16:00. Dit word by Altonasingel 9 aangebied. Markgangers kan nie-bederfbare kos saamneem en dit by die Fichardtpark-woonbuurtvereniging (FWA) se stalletjie afgee.
* Neptune Aquatics se swemgala begin om 16:00 by die stadion-swembad. Dié geleentheid duur tot Sondag om 14:00. Toegang kos R10.
Saterdag 30 Oktober
* Be Human op die plaas Middelwater bied sy familiemark aan. Die plaas, kroeg, plaasdeli, Be Active-roetes, stalletjies, aktiwiteite en pretpark is oop. Toegang kos R20. Kinders korter as 1 m betaal R10.
* Die eindronde van die Bloemfontein-klubrugbyliga word op die Old Greys-klubterrein beslis. Om 14:30 speel Steyners teenCollegians B teen Steyners in die B-afdeling, en om 16:00 speel Welkom-klub teen Collegians B in die A-afdeling.
* Die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (BotSoc) se Vrystaat-tak bied om 09:30 ’n byeenkoms in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin aan. Charissa Worthmann, ’n doktorsgraad-student aan die Universiteit van die Vrystaat, en dr. Thabiso Mokotjomela, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut se direkteur van indringerplante in die Vrystaat en Noord-Kaap, is die gassprekers. Die gewone bedrag vir toegang na die tuin geld vir nielede van BotSoc.
* Die De Oude Kraal-landgoed bied saam met Phoenix Reiskring 2 aan. Die Rhapsody-orkes en Organized Chaos tree op, en Marion Holm is in Holmruggery te sien. Kaartjies kos R350 en sluit ’n ete in. Die vertoning begin om 16:30. Kaartjies kan op die webwerf phoenixpro.co.za bekom word.
Sondag 31 Oktober
* Be Human op die plaas Middelwater bied van 11:30 tot 14:00 ’n buffet-middagete aan wat ’n voorgereg, hoofgereg en nagereg insluit. Sjef Leon Bester werk ’n spyskaart uit wat op be-human.co.za te kry is. ’n Kontantkroeg is oop. Besprekings kan gedoen word deurSkakel 072-190-0112 of stuur ’n e-pos na venue@be-human.co.za vir bespreking.
Woensdag 3 November
* Sonja Herholdt tree om 18:30 by die Groenhuis-gastehuis in Philippolis op. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom. Rig navrae by 084-581-0149.
Donderdag 4 November
* Lefra se produksie Groet die Grotman 2 met Wynand van Vollenstee is om 19:00 in die Windmill-casino te sien. Bespreek op ltickets.co.za. Vyf lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen. Skryf in vir Bloemnuus en Lefra se kompetisie deur die volgende na 43366 te SMS: Wen Grotman (Bloemnuus), jou naam en van en jou stad of dorp; of, stuur ’n e-pos na wen@lefra.com met die volgende in die onderwerpreël: Lefra en Bloemnuus: Grotman-kompetisie.