* Die sanger Jacobus Silwer en komediant Ilne Fourie tree om 12:00 by The Buffalo-venue op. Die geleentheid is ten bate van die Siesta-aftreeoord. Kaartjies kos R200 en sluit ’n ete in. Bespreek deur Siesta se kantoor by 051-436-7871 of 084-767-2817 te kontak. * Volmaan CityRun op Naval Hill. Kom stap of hardloop ten bate van die Bloemfontein-hospice. Inskrywings kan voor die wedren gedoen word van 1630 tot 18:30. Die wedren begin om 18:50. Inskrywingsgeld is R60 en sluit ‘n flitse in wat deelnemers op die roete sal help.
Saterdag 20 November * Die Hospice-winkel bied ’n Kersmark aan. Dit vind van 08:00 tot 14:00 op die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke se personeel-parkeerterrein plaas. Bel Phoebe Pretorius by 073-196-7695.
* Standard Bank en Sentraal24 se TrailrunSeries vind van hierdie Saterdag tot 4 Desember plaas. Belangstellendes kan hulle op trailrunseries.co.za inskryf. Registrasie geskied Vrydae van 15:00 tot 17:00 by Vida e Caffè by die Prellerplein-winkelsentrum. Daar is ook ’n 1 km-kinderwedloop.
* Toppresteerders in vanjaar se eksamens van die Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM) is genooi om in ’n spesiale konsert deur Bloemfonteinse kandidate op te tree. Die konsert word om 15:00 in die St. Michael-skool se kapel gehou. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R50 vir leerlinge, studente en pensioentrekkers. Dit kan op quicket.com bekom word.
* Lost Chord tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner beskikbaar. Skakel 079-796-7975.