Dink mooi tydens beurtkrag

Met die winterdroogte wat die gras in en om die stad vaalgeel en droog laat, is die gevaar van veldbrande nou besonder hoog. Gereelde veldbrande kom nou oral voor.


Met die winterdroogte wat die gras in en om die stad vaalgeel en droog laat, is die gevaar van veldbrande nou besonder hoog. Gereelde veldbrande kom nou oral voor.

Die ander groot gevaar is huisbrande wat die gevolg is van die voortdurende beurtkrag.

Charnel Hattingh van Fidilety ADT, sê hulle weet van voorvalle waar brande in huise uitgebreek het weens kragonderbrekings.

“In een geval het ’n inwoner kos gekook toe die krag af gaan en sy het vergeet om die stoof af te skakel. Sy het na die win- kels gegaan en terwyl sy weg was, het die krag weer aangekom. ’n Brand het uitge- breek, die kos het aan die brand geslaan,” vertel Hattingh. In nog ’n voorval het ’n inwoner vir ’n lang tyd ’n kragopwekker in ’n buitekamer laat loop. Dit het hitte opge- bou en die kamer het gebrand.

“Daar is talle ander gevalle waar haardroërs, stowe, verwarmers en krultange aan vergeet word wanneer die krag af gaan. Wanneer die krag aangaan en niemand is byderhand nie, kan dié toestelle oorverhit en skade aanrig.”

Alarmbatterye moet nagegaan word, omdat hulle met die beurtkrag pap raak.

“Huiseienaars en ondernemings moet gereeld hul alarms toets. Die rugsteunbatterystelel is belangrik wanneer jy in nood is as die krag af is.”

Sy sê in een van hierdie brandsituasies het die inwoners hul paniekknoppie gedruk, wat nie gewerk het nie omdat die battery pap was.

Onthou dat wanneer daar ’n brand is, elke sekonde tel. Dit is belangrik om die brandweer dadelik te kontak en om seker te maak dat brandweerpersoneel op jou eiendom kan kom om die brand te blus.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.