‘Doelwitte altyd bereikbaar as jy hard werk’

’n Bloemfonteiner se droom het waar geword toe sy vanjaar vir die Protea-hokkiespan kon uitdraf en dié span boon­op as die kampioen van die Afrika-Nasiesbekertoernooi gekroon is.


’n Bloemfonteiner se droom het waar geword toe sy vanjaar vir die Protea-hokkiespan kon uitdraf en dié span boon­op as die kampioen van die Afrika-Nasiesbekertoernooi gekroon is.

Shindré-Lee Simmons (24), ’n boorling van Welkom, was ook ’n puntemaker vir haar span toe hulle in Januarie in Akkra, Ghana, gespeel het.

Dié wedstryde was deel van die kwalifisering vir deelname aan die Wêreldbeker-hokkietoernooi, wat later vanjaar gehou word.

Suid-Afrika het die toernooi die sewende keer agtereenvolgens gewen.

Die ander lande wat deelgeneem het, is Kenia, Ghana, Zimbabwe, Nigerië, Namibië en Uganda.

Simmons beskou haar eerste internasionale doel as een van die hoogtepunte in haar loopbaan.

Sy is die 22ste vrou wat uit die Kovsie-hokkiekamp vir die nasionale span gekies word. Sy was ook verlede jaar die Kovsies se kaptein.

Sy beoog om vanjaar haar meestersgraad in sake-administrasie voltooi.

Simmons hoop om deur haar prestasies op die hokkieveld vir ander mense te bewys dat doelwitte altyd bereikbaar is as jy geduldig, konsekwent en gedissiplineerd is.

“Dit is vir my die lekkerste ding dat ek myself kreatief as individu kan uitdruk in ’n mededingende omgewing en in ’n groep.”

Sy glo ook dit is eerder haar passie vir die sport as talent wat haar aanhou vorentoe dryf.

As Simmons iets vir haar jonger self kon sê, sou dit wees om geduldig te bly, hard te werk, maar te weet dat sy eendag berge sal versit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.