Ná die lang inperking wat baie mense tuis gehou het, is dit beslis tyd om aan al die lekker aktiwiteite deel te neem wat nou weer aangebied word.
Die Vrystaat Cheetahs, Vrystaat-krieketunie en Bloemskou het hande gevat om Bloemfonteiners oor te haal om plaaslike gebeure te ondersteun.
Dit is gebeure in die stad, vir inwoners van die stad.
In ’n nuusverklaring sê die drie organisasies hulle wil mense weer laat besef hoe belangrik dit is om geleenthede by te woon – met veilige gesondheidspraktyke in gedagte, natuurlik – en plaaslike ondernemings te ondersteun. Dit kan enigiets van skoolpieknieks tot rugby in die stadion behels.
Die beweging wat hulle begin het, Get Bloem Moving, ondersteun veilige gesellighede, ondersteuning van plaaslike gebeure en ondernemings, die bou van ’n beter omgewing en ’n veilige leefstyl.
Hier is van die geleenthede wat jy solank op jou kalender kan aanteken:
5 Maart
* Curriebeker-wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Leeus in die Vrystaat-stadion;
* Franse Herfsmark van 08:00 tot 15:00 by Villa Avianto;
* ovaalbaanresies op die Bloemskou-terrein; en
* ope dag by die Laerskool Fichardtpark en dié skool se gholfdag.
12 Maart
* KANSA se Relay for Life by Be Human; en
* Standard Bank en Sentraal24 se 4×4-sakeaflos op die Emoya-landgoed.
16 Maart
* Curriebeker-wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die WP; en
* groep 1-wedstryd in Krieket Suid-Afrika se Eendagbeker-toernooi, tussen die Knights en die Lions om 13:00.
18 Maart
* Maanligwedloop om 18:00 aangebied deur Naval Hill CityRun.
21 Maart
* Groep 1-wedstryd in Krieket Suid-Afrika se Eendagbeker-toernooi, tussen die Knights en die Noordwes Dragons om 10:00.
1 April
* Langenhoven-herfs-aandmark
2 April
* Franse Mark by Villa Avianto.
3 April
* Groep 1-wedstryd in Krieket Suid-Afrika se Eendagbeker-toernooi, tussen die Knights en die Dolphins om 10:00.
6 April
* Get Bloem Moving se stap- of hardloopgeleentheid om 17:30, aangebied deur CityRun op Naval Hill.
16 April
* Langenhovenmark met ’n Paaseier-soektog.
17 April
* Die Windmill-casino se Paasete om 12:00.
27 April tot 7 Mei
* Bloemskou
27 April
* Windmill-casino: People of the South om 12:00.
* Biltong, bier en boerewors bash by die Urth Lifestyle Farm.
6 en 7 Mei
* Die Windmill-casino se Mnyama Experiece met Amanda Black om 19:00.
6 Mei
* Reizis-plein-aandmark
7 Mei
* Franse Mark by Villa Avianto; en
* Cars in the Park-geleentheid by die Martie du Plessis-skool.
8 Mei
* Die Windmill-casino se Moedersdag-buffet om 12:00.
21 Mei
* Die Windmill-casino: Sifiso Nene-komedievertoning om 19:00.
28 Mei
* Die Windmill-casino se familiepiekniek.
14 Mei
* Curriebeker-wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Haaie om 14:30.
3 Junie
* Curriebeker-wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Pumas om 19:00.
4 Junie
* Franse Mark by Villa Avianto; en
* ovaalbaanwedren op die Bloemskou-terrein.
11 Junie
* De Oude Kraal se Wildskos-gourmetfees.
* Curriebeker-wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Bulle om 14:30.
19 Junie
* Die Windmill Casino se Vaderdagbuffet-middagete om 12:00.
2 Julie
* Franse Mark by Villa Avianto.
9 Julie
* Die Springbokke speel teen Wallis in die Toyota-stadion (afskoptyd moet nog aangekondig word).
12 tot 16 Julie
* Vrystaat Kunstefees se minimark op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV).
16 Julie
* Ovaalbaanresies op die Bloemskou-terrein.
6 Augustus
* Franse Mark by Villa Avianto.
13 Augustus
* Ovaalbaanresies op die Bloemskou-terrein.
2 September
* Reizis-plein-aandmark
10 September
* Ovaalbaanwedren op die Bloemskou-terrein.
24 September
* Langenhovenparkmark met Cars@The Market.