Doendinge in jou streek

Hier is ‘n paar lekker doendinge die volgende paar dae


Vrydag 26 November

*Die Old Greys-sportklub en die Dr. Böhmer-vaardigheidskool bied ’n familiemark op die skoolterrein aan. Bedrywighede begin om 16:00. Musiek sal besoekers vermaak, en verversings en Kersgeskenke sal te koop aangebied word. ’n Kontantkroeg en biertuin sal onder die skool se lapa beskikbaar wees, en springkastele word verskaf. Toegang is gratis. Bel Johan Massyn by 082-333-6149 vir meer inligting of skakel 083-259-4028 om uitstalruimte te bespreek.

* Die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) bied van 15:00 tot 19:00 ’n kermis aan. Eetgoed sal te koop aangebied word, en kindervermaak sal verskaf word. Belangstellendes kan Stella van Huyssteen by 082-921-2518 bel.

* Lost Chord tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner beskikbaar. Skakel 079-796-7975.

* The Rabbit-teaterskool bied vandag en Saterdag (27/11) The Wicket Wizard of Oz aan. Kaartjies kos R100. Bespreek aanlyn op die webwerf phoenixpro.co.za.

Saterdag 27 November

* The Backseat Drivers tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner beskikbaar. Skakel 079-796-7975.

* Be Human op die plaas Middelwater bied ’n hinderniswedloop aan. Belangstellendes kan tussen verskillende afdelings kies. Besoek
aktief.co.za vir meer inligting.

* Villa Avianto se Franse mark vind van 08:00 tot 20:00 by Speserylaan 40, Kwaggafontein, plaas. Toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir laerskoolkinders. Kinders jonger as ses kry gratis toegang.

* Zijlstra’s Autohaus presents its Supercar Charity Event from 09:30 until sunset at the Emoya Estate.

The event is in aid of the New Beginnings animal rescue centre. Supercars and superbikes will be on display, and live music will provide entertainment. Young entrepreneurs will also be given a platform to showcase their talent. Gain entry by donating animal food, blankets, baskets or animal toys.

* The Angel Hearts Workshop in Leviseur Street presents its Christmas market from 09:00 to 13:00.

Woensdag 1 Desember

* Nick Klopper se musiekskool tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner beskikbaar. Skakel 079-796-7975.

Vrydag 3 Desember

* Doep is nie dood nie met Jannie du Toit vind om 20:00 in die Aasvoëlklub plaas. Kaartjies kos R100.

Skakel 082-563-4457 bel of stuur ’n e-pos na ­GertjanH@atkv.org.za.

Vrydag 10 Desember

* Valkyrie Inc tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op.

Kaartjies kos R120 en is by die Toms-musiekwinkel beskikbaar.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.