Saterdag 16 Oktober
* Onthou die weeklikse Langenhovenpark-mark wat elke Saterdag gehou word.
* Be Human op die plaas Middelwater bied sy familiemark aan. Die plaas, kroeg, plaasdeli, Be Active-roetes, stalletjies, aktiwiteite en pretpark sal oop wees. Toegang kos R20, maar kinders korter as 1 m betaal R10. Honde kan teen R10 toegang verkry. Die geld sal aan ’n liefdadigheidsorganisasie geskenk word. Alle honde moet aan ’n leiband wees.
Woensdag 20 Oktober
* Die Oud-Greys-sportklub bied om 18:00 ’n Springbokrugby-vasvrakompetisie by die klub aan. Die spanne wat dit teen mekaar gaan uitspook, sluit in dié van die Bon-hotel, Grey-sport, Oud-Greys, die Dr. Böhmer-vaardigheidskool, die Bloemfontein-sportskrywers en die Oud-Greys-rugbyklub. Toeskouers kan die geleentheid gratis bywoon. Braaipakkies is beskikbaar, en vure sal aangesteek word. Bel André van Rensburg by 082-856-3721.
Donderdag 21 Oktober
* Die jaarvergadering van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se rugbyklub begin om 18:30 in die SUT se stadion.
Vrydag 22 Oktober
* John Rock Prophet tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Deure open om 18:00. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner in Langenhovenpark of op phoenixpro.com beskikbaar. Bespreek deur 079-796-7975 te skakel.
Saterdag 23 Oktober
* Elandré tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Deure open om 18:00. Kaartjies kos R200 en is by Kiki Corner of op phoenixpro.com beskikbaar. Bespreek deur 079-796-7975 te skakel. Die vertoning word Sondag (24/10) om 20:00 herhaal.