Donderstorms en sterk wind laat inwoners in Bfn kragteloos

Die talle donderstorms wat Bloemfontein die afgelope weke tref, skep gereeld probleme wanneer bome wat aan kragdrade raak of bome wat omval, kragonderbrekings veroorsaak.


Die talle donderstorms wat Bloemfontein die afgelope weke tref, skep gereeld probleme wanneer bome wat aan kragdrade raak of bome wat omval, kragonderbrekings veroorsaak.

So was dele van Arcadia, Kennilworth, Sopieshoogte, Spitskop en Bainsvlei Sondag heeldag sonder elektrisiteit toe herstelwerk daar langer as die verwagte twee uur geduur het. Dit was nadat die Mooiwater-voerder herstel moes word.

Die elektrisiteit in Bainsvlei was Maandag teen 16:00 steeds af.

Die DA-koukus van die Mangaung-metro het Maandag met Centlec vergader oor die talle kragonderbrekings weens kraglyne bokant die grond wat beskadig word.

Johan Pretorius, DA-koukusleier, sê op die vergadering is besluit dat daar aan verskeie probleme aandag gegee sal word.

Centlec het ’n reuse-uitdaging met die diefstal van koperkabels en beskadiging van transformators deur vandaliste. Die polisie asook gemeenskapspolisiërings- forums gaan gevra word om meer sigbare polisiëring saans tydens beurtkrag in woonbuurte te doen.

Centlec finaliseer nou ’n onderhoudsplan spesifiek om bome by kragdrade te snoei waar dit as probleemarea geïdentifiseer is.

Centlec onderneem om hierdie onderhoudsplan tydens geskeduleerde beurtkrag toe te pas en wyksraadslede daaroor in te lig sodat hulle dit aan inwoners kan kommunikeer.

Pretorius sê waar bome teen kragdrade op private eiendom is, moet reëlings met die eienaar getref word dat daardie bome ook gesnoei kan word.

Centlec het ’n reuse-uitdaging met die diefstal van koperkabels en beskadiging van transformators deur vandaliste. Die polisie asook gemeenskapspolisiërings- forums gaan gevra word om meer sigbare polisiëring saans tydens beurtkrag in woonbuurte te doen.

Volgens Centlec is sy infrastruktuur onder druk weens die daaglikse beurtkrag en die bestuur is voortdurend in kontak met Eskom om beurtkrag na die Mangaung-streek te verminder.

Pretorius sê die DA sal die situasie monitor en seker maak die programme word oral deurgevoer.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.