Die Oos-Kaapse dorp Rhodes is bekend vir sy bibber-winters en vanjaar gaan die winter gevier word met ‘n volwaardige Sneeufees met kunstenaars, heerlike kos en warm kaggels.

Johann Swanepoel

Kom vier vanjaar die winter met Rhodes se heel eerste Sneeufees.

Miskien skop jy jouself later as jy dit misloop. Gee ’n bietjie pad uit die eentonige en voorspelbare en ontdek die onvoorspelbare berglandskap en sy bergbewoners.

Rhodes Events bied hierdie fees aan wat oor drie dae van 30 Junie tot 3 Julie strek.

Aandete word saans by warm kaggels bedien met die klank van lewende musiek. Deur die loop van die naweek is daar musiekvertonings, boekaanbiedings en kosdemonstrasies asook uitstallings van plaaslike en unieke kuns.

Arco Musica, Ryk Kleinhans, Bouwer Bosch, Lucinda Neetling, Albert Meintjies, Tanja Storm en die Radio Kalahari Orkes is van die kunstenaars wat dié naweek sal optree.

Tussen die berge rondom Rhodes, neffens die Bellrivier op sy ewige tog na die Oranjerivier, vier inwoners hul eiesoortige kuns langs stofstrate en in ou, ou huise.

Die kaartjie van R3 300 sluit gaste se akkommodasie vir drie aande, aandetes, vermaak en ’n paar ekstras in.

Daar is slegs 150 kaartjies beskikbaar.

Bespreek deur ’n e-pos na elizma@rhodesevents.co.za te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.