Drafskoene afgestof vir mylpaalviering

Die Suid-Afrikaanse Fisioterapievereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar.


Die Suid-Afrikaanse Fisioterapievereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar.

Koos Bierman, komiteelid van dié vereniging se tak in die Vrystaat, sê om die mylpaal te vier word daar talle geleenthede aangebied.

Die eerste is ’n prettige 5 km-nagwedloop op Woensdag 3 April by Brandkop in Pellissier.

Bierman verduidelik die wedloop is ’n bewusmakingsveldtog vir die werk wat fisioterapeute doen, maar ook ’n belangrike geldinsamelingspoging vir die vierdejaarstudente wat as vrywilligers gaan werk by die Comrades-ultramarathon op 9 Junie in KwaZulu-Natal.

Christiaan Hugo en Hanno Beer, twee van die fisioterapiestudente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê hulle sien baie daarna uit om te gaan werk by die ultramarathon.

Registrasie vir die nagwedloop vind vanaf 17:30 by dieselfde punt as die wegspring van die Brandkop-parkrun plaas. Inskrywingsgeld beloop slegs R20. Die pretloop begin om 18:00.

Vooraf-registrasies kan per WhatsApp gestuur word na Kopano Mokoena by 082-233-8567 of by Suné Venter by 073-643-2792.

Rig navrae by freestate@saphysio.co.za.


Lientjie Mentz

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.