Duiwe opgetof vir skou

Die Vrystaatse Sierduifstreek se streekskou word op Saterdag 25 Mei in die Violetsaal op die Bloemskou-terrein aangebied.


Die Vrystaatse Sierduifstreek se streekskou word op Saterdag 25 Mei in die Violetsaal op die Bloemskou-terrein aangebied.

Reeds 380 duiwe van oor die land heen is ingeskryf.

Duiwe uit Upington en ook uit die Wes-Transvaal sal hier kom meeding om die top-plekke.

Tydens die skou is van die beste genetika in sierskouduiwe beskikbaar. Al die duiwe wat te koop aangebied word, gaan eers aan die skou deelneem voordat hulle te koop aangebied word.

Die rasse wat te koop gaan wees is, sluit in Engelse waaier-sterte, Indiese waaier-sterte, kartelruggies, voorburg skild-kroppers en Brunner-pouters.

Gaste kan van 09:00 af na die duiwe in die saal gaan kyk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.