Dié foto van Bianca en MC de Jager is die wenner onder die Januarie-inskrywings van Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie. Tales of Light het die foto geneem toe die egpaar op 25 September buite Clarens getroud is.


Bianca en MC de Jager is die eerste maandwenners in Bloemnuus se Troufoto van die jaar-kompetisie vir 2021-’22.

Vanjaar is daar ’n lekker plesier-prys op die spel vir die algehele wenner. Jo Anne Viveiros van die Bloemspa-hotel en -konferensiesentrum en Stefan van Biljon van Creative Kilowatt borg ’n naweek (Vrydag en Saterdagaand) vir die wenpaartjie by Bloemspa.

Paartjies wat in Bloemnuusse lesersgebied woon en sedert Augustus verlede jaar getroud is, kan hul mooiste foto vir die kompetisie inskryf.

Gaan kyk na die inskrywings wat in Januarie ontvang is op Bloemnuusse Facebook-blad.

Foto’s wat ingeskryf word, hoef nie deur ’n professionele fotograaf geneem te wees nie. Die gehalte moet egter steeds goed wees om te kwalifiseer.

Fotograwe kan ook ’n foto inskryf, met die toe­stemming van die bruidspaar. Slegs een foto van goeie gehalte in jpeg-formaat kan per bruidspaar ingeskryf word.

Die inskrywing moet die paartjie se name en van, die naam van die stad of dorp waar die troue gehou is en die troudatum bevat.

Paartjies kan hulle inskryf deur die foto en meegaande inligting na bloemnuus@­media24­.­com te stuur. Skryf in die boodskapveld: Troufotokompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.