Met die konflik in die Oekraïene en duisende mense wat deur die inval van Rusland geraak word, word die wêreld se oë al hoe meer op hierdie dikwels onbekende land gerig.
Dit is egter verstommend hoe mense die sosiale media as platform gebruik om die fokus – dikwels op ’n positiewe manier – na dié land te skuif.
Kos is universeel en beeld iets van ’n land of streek uit.
B-Well, ’n vervaardiger van olieprodukte, het ’n tradisionele Oekraïense resep aangepas om dit ’n goeie vegetariese opsie te maak. Gevulde koolrolle, oftewel “golubtsi” of “golumpki”, is gewoonlik met maalvleis en rys gevul en kan gebak word of in ’n stowepot gaargemaak word. Hierdie weergawe gebruik egter gegeurde rys as vulsel. Van die geurmiddels kan uitgelos word en die resep kan aangepas word soos jy bestanddele beskikbaar het:
Bestanddele
* 10 tot 12 groot koolblare, gewas
* 200 g basmatirys, gekook
* 1 mediumgrootte ui, fyngekap
* handvol geroosterde dennepitte
* 1 etl gepreserveerde suurlemoenskil, fyngekap
* 1 etl tiemieblare
* 1 eier, geklop
* seesout
* swartpeper
* sumak
* olyfolie
* 50 g botter
Maak so
Kook die koolblare sowat 2 minute in ’n groot pot gesoute water oor matige hitte. Sny die dik stingels afsowat net genoeg om met die blare te kan werk sonder om die groen kleur te laat vervaag. Sny enige dik stingels af.
Plaas die koolblare in ’n bak koue water en druk dan versigtig droog met ’n kombuislap.
Plaas die koolblare in ’n bak koue water en druk dan versigtig droog met ’n kombuislap.
Braai die opgekapte ui in die olyfolie vir 3 tot 4 minute.
Voeg die seesout, swart peper en gepreserveerde suurlemoenskil by. Kook vir nog 5 minute totdat die uie deursigtig word. Laat dit afkoel.
Meng die gekookte rys, uie en suurlemoenmengsel saam met die dennepitte, tiemie, pietersielie en geklopte eier. Voeg die sumak by.
Pak opgehoopte teelepels van die rysvulsel in die middel van die koolblare en vou dit in ’n langwerpige vorm. Ranskik die koolrolle langs mekaar in ’n braaipan of kastrol saam met die botter en sowat 120 ml water. Draai die hitte af sodra die water begin kook. Kook sowat 15 tot 20 minute oor matige hitte. Hou die deksel op sodat die koolrolle kan stoom.