Maak die Vrystaat trots en stem vir Kroonstad in Kwêla se Dorp van die jaar-kompetisie.
Kroonstad is die Vrystaatse finalis in diékompetisie en sal teen agt ander dorpe meeding om as die algehele wenner aangewys te word.
Almal wat wil hê Kroonstad moet wen, kan van Sondag (17/07) om 19:00 tot Vrydag 22 Julie om 12:00 hul vingers die praatwerk laat doen.
Die stemproses sal via SMS geskied, teen R1,50 ’n SMS, en slegs 30 stemme per telefoonnommer sal toegelaat word. Gratis SMSe geld nie.
Om vir die Vrystaatse finalis te stem, SMS “Kroonstad” na 33157.
Kroonstad se kans om te wen hang direk af van stemmers se deelname.
Die algehele wenner sal op 31 Julie aangekondig word.
Die wendorp sal R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET ontvang, en Homebrew Films, die vervaardiger van Kwêla, sal ’n 45-sekonde-advertensie oor die dorp maak wat in kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.
Daar sal ’n groot KIA Dorp van die jaar-makietie in die wendorp gehou word, wat musiek, kos, pret en baie van die wendorp-gees sal bied. Kwêlasal die makietie vir uitsaaidoeleindes verfilm.