Elke vierkant maak warm

Kleurryke handgemaakte komberse het verlede week bygedra dat talle mense oor Bloemfontein en die Vrystaat heen dié koue winter ’n bietjie warmer gaan wees.


Met die oorhandiging van die komberse by die Omega-dienssentrum in Heidedal is van links Molatudi Bosman, Martha McHarlies (bestuurder), Jamina Bob, Caroline Bergman en Maria Mokoena. Foto: Lientjie Mentz

Kleurryke handgemaakte komberse het verlede week bygedra dat talle mense oor Bloemfontein en die Vrystaat heen dié koue winter ’n bietjie warmer gaan wees.

Vir Bloemskou se 140ste verjaardag het Bloemnuus en Radio Rosestad saam met Bloemskou gewerk om kom­berse te laat maak.

Die publiek is gevra om vierkante te brei, en landswyd het mense begin brei en hekel.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê die mikpunt was om 100 komberse in te samel en aan behoeftige mense in die gemeenskap uit te deel.

Die personeel van Solidariteit Helpende Hand wat die komberse in ontvangs geneem het, is van links, voor: Ingrid Papenfus en Kobus Venter; agter: Chantell Wiesner en Charlé Otto. Foto: Lientjie Mentz

“Die gemeenskap se reaksie het ons verstom. Ons het 18 500 vierkante gekry waarmee 185 komberse gemaak is.”

Die komberse is verlede week aan inwoners van Lavender-laan in Westerbloem, die Omega-dienssentrum vir Bejaardes in Heidedal, asook aan Genade in Aksie en Solidariteit Helpende Hand uitgedeel.

Kobus Venter van Solidariteit Helpende Hand sê hulle gaan die komberse by hul takke oor die Vrystaat heen uitdeel waar daar erge nood is.

Maureen Oosthuizen van Genade in Aksie sê die komberse gaan talle mense in dele van Bloemfontein waar hulle nood met kospakkies en komberse probeer verlig, warm hou.

Flukses kan nou reeds begin brei en hekel vir 2024 se projek, Mus die Serpende koue!

Twee van die komberse is op 10 Junie op De Oude Kraal se WildsKOSfees opgeveil. Die een kombers is teen R3 000 opgeveil en die geld is aan De Oude Kraal se crèche geskenk. Die ander kombers het ook R3 000 gehaal, en die geld gaan gebruik word om wol vir volgende jaar se projek te koop.

Nog twee komberse word tans op Bloemskou se Facebook-blad en op dié van Nico Smit-afslaers opgeveil. Diegene wat een van dié komberse wil koop, kan daar ’n bod plaas.

Die geld wat uit die verkoop van dié komberse gemaak word, gaan ook aangewend word vir wol vir volgende jaar se projek. Dié veiling sluit Maandag (26/06).

“Dankie aan elkeen wat aan dié projek deelgeneem het sodat ons kleur en warmte kon uitdeel,” sê Prinsloo.

Maureen Oosthuizen (links) en Susara Scheepers in Genade vir Aksie se pakkamer.Foto: Lientjie Mentz

Flukses kan nou reeds begin brei en hekel vir 2024 se projek, Mus die Serpende koue! , waarin serpe en mussies vir volwassenes en kinders gebrei word. Dit kan by Bloemskou, Bloemnuusse kantoor by President Reitzlaan 107 of by Radio Rosestad se ateljee in Groenvlei afgegee word.

Brei

Brei

Bie aanlyn op een van die komberse. Die openingsbod is R500 en die veiling sluit Maandag 26 Junie om 16:. Besoek Bloemskou se Facebookblad om jou bod te maak. Geld wat uit die veiling gemaak word, gaan vir 2024 se brei-projek. Voelg hierdie skakel nou: https://web.facebook.com/photo?fbid=638714648288701&set=a.546462457513921

Monique van Vuuren (links, Bloemskou), Sarah Moshodi (middel, Engo-versorger) en Yvonne Coetzer van Lavender-laan in Westerbloem.Foto: Verskaf
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.