Elkeen se unieke bydraes op samekoms gevier

Engo Vrystaat het sy jaarvergadering verlede maand by Summerwood in Bloemfontein gehou.


Engo Vrystaat het sy jaarvergadering verlede maand by Summerwood in Bloemfontein gehou.

Die geselligheid op 23 Augustus was ’n viering van unieke bydraes, harde werk, toewyding en onuitputlike empatie van elkeen wat die afgelope jaar by Engo betrokke was.

Personeel se klein dade van vriendelikheid, ure van geduldige ondersteuning en die visie om hoop te bring is geloof.

Op die geleentheid is die suksesse en stories van die afgelope jaar gedeel.

Igno van Niekerk was die gasspreker op die geleentheid.

Sy boodskap aan die personeel was dat hulle in hierdie stukkende wêreld moet heel maak, en iets doen om mense se lewe beter te maak.

“Al is dit moeilik, maak ons ’n verskil. Deur die uitkring van gesamentlike pogings word die boodskap van hoop elke dag gebring.”

Van Niekerk se boodskap het gefokus op wat hy vier aspekte van die lewe genoem het, naamlik: om lief te hê, te leef, te leer en om iets na te laat – ’n “legacy”.

Teambo het kleur en klank gegee aan die geleentheid en die oggend is op ’n ritmiese noot afgesluit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.