Engeland wink vir skermers

Vier skermers van die Vrystaatse Amateur-skermklub (Vask) is genooi om van 9 tot 20 Augustus aan die Statebondspele in Engeland deel te neem.


Vier skermers van die Vrystaatse Amateur-skermklub (Vask) is genooi om van 9 tot 20 Augustus aan die Statebondspele in Engeland deel te neem.

Hulle is: Berne Beukes, Miguel Ribeiro, Renier Veitch en Jurgen Schröder.

Ná die Vrystaatse Ope Skermkampioenskap, wat op 7 en 8 Mei in Bloemfontein aangebied is, is skermers van hierdie klub soos volg op die nasionale ranglys:

  • Beukes is eerste in die afdeling vir vroue o.17 en o.20, asook derde onder die senior vroue in Suid-Afrika, in sabel; sy is as o.17-skermer eerste en as o.20-skermer tweede in floret; sy is as o.17-skermer tweede en o.20-skermer 12de in degen.
  • Ribeiro is eerste as o.20-skermer en tweede as o.17-skermer in sabel; hy is tweede as o.15-skermer en sesde as o.17-skermer in degen; as o.15-skermer is hy derde in floret. Hy gaan in sabel in die o.20- en o.17-afdeling deelneem en is reserwe vir die o.17-degen-groep.
  • Veitch is eerste op die ranglys vir senior mans in sabel.
  • Schröder is eerste op die ranglys vir veterane in sabel, degen en floret.
  • Belinda Rossouw is agtste in Suid-Afrika in degen.
  • Cecilia Nieuwenhuis is onder die vroueveterane tweede in sabel, vierde in floret en sesde in degen. Onder die senior vroue is sy tiende in sabel.
  • Kiara Schroder het aan haar eerste kompetisie deelgeneem en is nou 28ste op die ranglys in degen o.17.
  • Chandré van Zyl het ook aan haar eerste kompetisie deelgeneem en was 30ste in degen o.17.
  • Minke Vorster het haar plek op die ranglys verbeter en is nou 18de in degen o.20 en 26ste in die afdeling vir senior vroue.
  • Johanco Viljoen is 42ste in degen vir senior mans.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.