Liggiefees by Vrystaat-nasorgsentrum

November 19 @ 17:30 20:00

‘n Skouspel van liggies open op Woensdag 19 November en duur tot 29 November by die Vrystaat-nasorgsentrum.

Francois Prinsloo, bestuurder van die Vrystaat-nasorgsentrum, sê dié Liggiefees is die grootste wat nog vir Kersfees by die sentrum aangebied is. Kos en produkte uit die nasorgsentrum se werkswinkels sal te koop wees.

Vanjaar gaan die Vrystaat-nasorgsentrum dié plek wees om liggies te kyk.

Die sentrum se fees gaan op Vrydag 21 November ekstra lank oop bly, en besoekers kan op dié dag reeds van 13:00 af inloer by die Kersmark. ‘n Spesiale program vir die spesifieke aand word ook beplan, met die koor van die Laerskool Willem Postma wat optree en plaaslike vermaaklikheidskunstenaars wat ook klank gaan verleen aan die feestelike byeenkoms.

“Daar is ‘n feetjietuin, windpompe, ‘n reuse-wurm en vele meer − alles getooi in liggies.”

Toegang is gratis, maar besoekers kan skenkings doen.

Vrystaat-nasorgsentrum

Gift this article