Die Markgraaff-familie het die medaljes laat instroom op die Suid-Afrikaanse meesterswemkampioenskappe wat van 13 tot 16 Maart in Johannesburg aangebied is.
Archie Markgraaff het in die ouderdomsgroep 80 tot 85 jaar vier goue medaljes, twee silwermedaljes en twee bronsmedaljes in die swembad verower. Hy was ook deel van die aflosspan wat nuwe Suid-Afrikaanse rekords opgestel het.
Ryno Markgraaff het in die ouderdomsgroep 50 tot 55 jaar 11 goue medaljes en twee goue medaljes in die oopwaterswem-nommer verower.
Hy is ook as die victor ludorum van die meesterswemkampioenskap aangewys.
Henk Markgraaff het ses goue en twee silwermedaljes verower.