Fanie Viljoen het 2023 se Lapa-jeugromankompetisie gewen.Foto: Argief


Die Bloemfonteinse skrywer Fanie Viljoen se manuskrip Ons laaste legendariese somer is pas aangewys as Lapa-uitgewers se jeugromanwenner vir 2023.

Lapa het besluit om vanjaar nie afdelingwenners aan te wys nie, omdat te min inskrywings in die afdeling vir jong tieners en jong volwassenes ontvang is. Op grond van die beoordelaars Chase Rhys, Verushka Louw en Theresa van Baalen se terugvoering, is daar toe besluit om net die manuskripte met die hoogste punte te vereer.

Drie naaswenners is aangewys. Hulle is Jacolet van den Berg (Bravo! Charlie), Zelda Bezuidenhout (Quinn se jaar van kwik) en Annerle Barnard (Sterstof).

Die kompetisie se prysgeld is R60 000, en selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, se werk staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

As wenner kry Fanie R30 000 se prysgeld. Ons laaste legendariese somer sal in September op die rakke wees.

Zelda se boek verskyn in Oktober en Annerle en Jacolet se boeke verskyn albei in November.

Van die ander boeke op die kortlys staan ook steeds ‘n kans om in die volgende jaar gepubliseer te word.

You need to be Logged In to leave a comment.