Verteenwoordigers van die wenstalletjies op die Kunstemark van vanjaar se Vrystaat Kunstefees is van links Jack Morton (NG kerk Brandford-Oos), Ilze de Smidt (Kolle-Gin)

Sowat 105 000 mense het vanjaar die feesterrein van die Vrystaat Kunstefees besoek en al die aanbiedinge op die program geniet.

Michael Garbett, direkteur van die fees, sê hulle finaliseer nog die syfers, maar uit wat hy nou reeds sien, lyk dit asof meer mense die fees bygewoon het as in vorige jare.

“Ons het ook sowat 14 uitverkoopte vertonings gehad. Van hulle is reeds drie weke voor die fees uitverkoop en die res binne die eerste twee dae nadat die fees begin het.”

Hy skryf die sukses van die fees aan die diversiteit toe.

“Die fees bied werklik iets vir almal. Of jy nou gekom het vir teaterproduksies, musiek, die kunsmark of die kos, almal het ’n plekkie gehad waar hulle kon tuis voel.”

Dit is juis hierdie inklusiwiteit wat dien as die grondslag van die fees se sukses.

Dit word verder bevestig deur die kaartjieverkope, wat ook ’n wegholsukses was.

Garbett voeg by dat 70% van die meer as 30 produksies se kaartjies uitverkoop het. Kaartjies vir talle produksies het sommer vroeg in die week reeds uitverkoop.

Dit sluit in stukke soos Tollie Parton, Reünieen Nêrens­, Noord-Kaap.

Ná die weeklange fees sê Garbett hy voel moeg, maar dankbaar.

Hulle is reeds weer aan die gang om te beplan aan projekte wat later vanjaar aangebied gaan word en om produksies wat hulle na die 2024-fees wil nooi, te oorweeg.

“Ons sien uit na nog ’n fees en nog baie stories.”

You need to be Logged In to leave a comment.