Annemien Schombie, Lara Venter en Jaco Enslin in Wille-Woelle-Weste Storie

Verskaf

Vrystaat Kunstefees

Annemien Schombie, Lara Venter en Jaco Enslin in Wille-Woelle-Weste Storie

Groot pret wag wanneer die Vrystaat Kunstefees se Snelstroom-sluipkykreeks in Stroom 4 voorgesit word.

Kyk Maandag (06/07) om 10:00 na die kinderteaterstuk ’n Wille-Woelle-Weste Storie. Die storie speel hom af in die bullebakdorp Dofstof en gaan oor “Die Meisie met die Hoed”. ’n Jong meisie is op soek na die legendariese boef Stinkoog-Vernon, wat iets baie belangriks van haar gesteel het – haar naam. In haar soektog van die een dorp na die ander moet sy al Stinkoog-Vernon se 112 trawante verslaan. Sal Meisie haar naam terugkry, sal Stinkoog-Vernon weer ontsnap en sal ons hierdie keer die trawante sien? Dit alles word in die storie Wille-Woelle-Weste vertel. Opgeneem tydens die 2019 Vrystaat Kunstefees.

Kaartjies kos R30 en die stuk duur 50 minute.

) Die Parodie is ’n bespreking met Nico Luwes en Hennie van Coller oor die heel interessantste literêre vorme wat veelvoudig voorkom in die Afrikaanse letterkunde. Dit kom voor in prosa in boeke soos Mot op Griet en toenemend in ander genres asook in poësie van byvoorbeeld Daniël Hugo en Joan Hambridge. Die bespreking is by Naln opgeneem spesiaal vir die Vrystaat Kunstefees se Slnelstroomsluipkykprogram. Dit vind Dinsdag (07/07) om 11:00 plaas. Kaartjies kos R15 en die bespreking duur 50 minute.

) A Collection of Short Dance Films van Louise Coetzer (choreograaf) en Oscar O’Ryan (fotograaf en rolprentmaker) se produksie word Woensdag (08/07) om 17:00 gestroom. Kaartjies is R30 en dit duur 40 minute.
)
Ilne Fourie is Donderdag (09/07) om 19:00 in die komedie Grendel-giggel volume 2. Grendel-giggel is ’n samestelling van Ilne Fourie se gunsteling sketse en beloof lekker lag vir jonk en oud! ’n Mislukte noodhulpkursus, ’n ma vir ’n Engelse juffrou, tannies met trollies in die Pick n Pay, hoe om die perfekte lockdown-lyfie te kry en wat het gebeur die dag toe Iris opgestyg het . . . kom giggel saam agter slot en grendel! Kaartjies kos R40.

Kaartjies is van Maandag 6 Julie te kry by https://www.satod.co.za/snelstroomsluipkyk of besoek die webblad https://www.vrystaatkunstefees.co.za/en/home/

You need to be Logged In to leave a comment.