Bloemnuus
vat weer hande met die wynverskaffer Vin Do op die Vrystaat Kunstefees wat van 4 tot 8 Oktober op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied word.
Gerda Stander, bemarkingsbestuurder van Vin Do in Bloemfontein, sê besoekers sal kan kom proe aan van die land se topwyne en hul gunstelinge by die stalletjie koop.
Wyn van Rickety Bridge, Meerhof, Louisvale, Lyngrove, Springfield, Raats, Raka, Weltevrede en die boetiek-kelder Mooibly sal hier wees.
“Ons is opgewonde oor twee baie spesiale wyne van Rickety Bridge al die pad van Franschoek: die Pilgrimage Semillon, gemaak met die vrug van druiwestokke wat in 1905 geplant is, en die splinternuwe The Gateway Straw Wine,” sê Stander.
“Kom proe gerus die Foundation Stone-reeks en sy besonderse merlot.”
Die koel klimaat van Stellenbosch lewer die heerlike rosé-wyn van Lyngrove.
Dié landgoed spog met die Platinum Latitude, wat ’n goue Michelango-eerbewys ontvang het.
Loer gerus in by die stalletjie in eksamenlokaal 5.