Feestelikheid wag op smulpape

Benewens ’n fees van die heerlikse wildskosgeregte wat vanjaar weer op De Oude Kraal se WildsKOSfees geproe kan word, is daar ook musiek en lekker doendinge vir oud en jonk.


Benewens ’n fees van die heerlikse wildskosgeregte wat vanjaar weer op De Oude Kraal se WildsKOSfees geproe kan word, is daar ook musiek en lekker doendinge vir oud en jonk.

Die WildsKOSfees, waarvan Sentraal24 die mediaborg is, vind op Saterdag 4 Junie plaas. Soos gewoonlik sal daar ’n lang lys wildsvleisgeregte wees waaraan besoekers kan proe. Dit sluit onder meer springbok, blouwildebees, vlakvark, bosvark, krokodil, ystervark, duif en skaapkop in.

Vir dié wat liewer wil smul aan gewone vleis, sal daar ook bees, lamsvleis, vark en hoendergeregte asook bykosse wees.

Soos altyd sal wyn van die land se topwynlandgoedere op die fees geproe en gekoop kan word. Vanjaar kom 22 landgoedwyne na die fees.

Die gaskunstenaar vir die geleentheid is Herman Kleinhans, terwyl sanger Naledi Mohapi ook feesgangers sal vermaak.

Van die aktiwiteite wat beskikbaar sal wees, is gratis ritte op die trekker-en-wa, en perdry, kleiduifskiet, skiet met ’n .22, koedoekittelspoeg en jy kan inskryf om deel te neem om die langste gholfdryfhou te slaan teen ’n bykomende koste.

  • Toegangskaartjies kos R550 met kinders van 13 tot 17 wat R250 betaal en kinders van 6 tot 12 jaar wat R150 betaal. Kaartjies vir die BBP kos-en-wynproe gourmetsaal kos R950. Die kos-en-wynproe duur van 11:00 tot 16:00 en die musiek en feestelikheid duur tot laat. Kaartjies is beskikbaar by Cazy Daisy in Fleurdal en Daisy & Co by Prellerplein of skakel 051-564-0733 of stuur ’n e-pos na info@deoudekraal.com.Een leser staan die kans om dubbelkaartjies ter waarde van R550 elk te wen. Besoek Bloemnuus vandag om in te skryf.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.