Feestelikheid wag op Wiskey & Gin-fees

Die opgewekte klanke van lekker musiek, die geleentheid om ’n verskeidenheid whiskey en jenewer te proe en kuiertyd saam met vriende.


Die opgewekte klanke van lekker musiek, die geleentheid om ’n verskeidenheid whiskey en jenewer te proe en kuiertyd saam met vriende.

Dit is wat wag op besoekers aan die eerste Be Human Whiskey & Gin-fees, wat Saterdag (22/10) van 12:00 af op die plaas Middelwater aangebied word.

Gaste sal tussen stalletjies kan drentel en met tien proe-kaartjies verskillende soorte whiskey en jenewer kan beproef, met die kans om ook van die voorraad te koop om huis toe te neem. Daar sal ook kosstalletjies wees.

Plaaslike sanger Daniel Wesley tree om 14:00 op, en Neil Nachtrein sal gaste van 15:15 af met sy musiek vermaak. Om 16:30 tree Karoo op, en om 17:45 kom Ivan Roux aan die beurt.

Sunset Sweatshop lui die aand se musiekvermaak in met ’n vertoning om 19:00, en om 20:30 sal die gewilde groep Die Heuwels Fantasties gaste se voete laat jeuk.

Gaste word versoek om ’n kombers saam te bring wat vir liefdadigheid geskenk gaan word.

Toegangkaartjies, wat die feesganger ook tien proe-kaartjies en bywoning van die musiekvertoning bied, kos R300. Kaartjies vir ’n BBP-losies kos R12 000. Elke suite bied plek vir 12 mense, met proe-kaartjies, verversings en braaigeriewe met braaipakke, wat vooraf bestel kan word.

Kinders 18 jaar en jonger betaal R150 vir toegang, en kinders jonger as vyf jaar kry gratis toegang. Bespreek kaartjies by computicket.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.