Atlete van die Laerskool Fichardtpark het uitgeblink tydens die Vrystaat-atletiekbyeenkoms wat op
15 Maart in die stad aangebied is.
Mikayla Luyt het die rekord verbeter in die 70 m hekkies vir meisies o.10. Die nuwe tyd is 12:16. Sy het ook deelgeneem aan versrping en 100 m en is aangewys as die beste meisies-baanatleet op die byeenkoms.

Die o.11-seunsspan het die algehele eerste plek in hul ouderdomsgroep behaal.
Jandre Vermeulen het ‘n eerste plek behaal in die 70 m-hekkies, tweede plek in die verspring en vierde plek behaal in die 100 m.
Wian Olivier en Wietzie van Zyl het aan gewigstoot deelgeneem.
Johan Labuschagne het ‘n sesde plek behaal in die 70 m-hekkies.
Jaden Taljaard het derde gekom in die 70 m-hekkies en ook deelgeneem aan die 100 m en verspring.

You must be logged in to post a comment.