Die mees onlangse keer dat skole in Bloemfontein om die Bloemfontein-beker meegeding en daar ’n atletiek-puntetoekenning plaasgevind het, was in 2019.
Op daardie dag het die Hoërskool Fichardtpark as oorwinnaar uit die stryd getree.
Op die Sentraal-NWU-top 20-atletiekbyeenkoms op 18 Februarie het Fichies ’n eerste plek behaal vir die beste gesamentlike span, seuns en meisies.
Boonop het die atlete individueel uitsonderlik presteer.
Uitblinkers
- Beste meisiesveldatleet: Judy Watson (o.15). Judy het in diskusgooi en hamergooi deelgeneem en ’n diskusgooi-rekord van 44,25 m opgestel.
- Beste meisiesbaanatleet: Natasha Gertenbach (o.17). Sy het in die 100 m en 100 m-hekkies deelgeneem en ’n rekord van 13.78 in dié hekkies-nommer opgestel.
- Beste seunsveldatleet: Tiaan Pretorius (o.17). Hy het in hamergooi deelgeneem.
Eerste plekke
Atlete van Fichardtpark wat eerste plekke behaal het, is:
- Lize Ackerman – 400 m, meisies o.17;
- Junel Herbst – driesprong en verspring, meisies o.17;
- Cilethe Julies – hamergooi, meisies o.17;
- Amy Jacobs – hamergooi, meisies o.19;
- Alwyn Olivier – 400 m, seuns o.15;
- Ruan Kriel – hamergooi, seuns o.15;
- Janco Mollentze – verspring, seuns o.17;
- Elfred Fleishman – hoogspring, seuns o.17; en
- Tiaan Pretorius – hamergooi, seuns o.17.