Die o.14-netbalspan van die Hoërskool Fichardtpark is van links, voor: Mi-Lan Botha, Zia Groenewald, Meandri Rautenbach en Chika Okere; agter: Danica du Buisson (spanbestuurder), Elandri Lamprecht, Karla Pretorius (afrigter), Zandri Fourie, Adeley Conradie, Nthabiseng Sello, Minke Stevenson en Roelé de Beer. Foto’s: Dirkie Groenewald

Die o.14-netbalspan van die Hoërskool Fichardtpark is die naweek in die Vrystaatse Topskole-toernooi as die beste in die Vrystaat aangewys.

Fichies was onoorwonne in al die poelwedstryde wat dié span op Saterdag 14 Junie by die Hoërskool Jim Fouché gespeel het.

Die span van die Hoërskool Wessel Maree is met 34 – 6 uitgestof; die Hoërskool Wilgerivier met 21 – 8; en Eunice High School met 14 – 4. In die halfeindstryd is die Hoërskool Witteberg met 21 – 6 getroef, en in die eindstryd het Fichies die Hoër Meisieskool Oranje naelskraap, 12 – 11 geklop.

Meandri Rautenbach, ‘n lid van die top-o.14-span in die Vrystaat, in aksie.

You need to be Logged In to leave a comment.