Die Navorsingstrust van die Erfenisstigting (ES) nooi navorsers om vir finansiering vir gevorderde studie aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart.
Die Navorsingstrust is in 2005 deur die Erfenisstigting (ES) begin. Die ES is ’n maatskappy sonder winsoogmerk en het ten doel om met belanghebbende instellings saam te werk om breë navorsing oor Afrikaner- en Afrikaansverwante aangeleenthede te bevorder, uit te voer, te finansier en te koördineer.
Finansiering vir gevorderde studie oor Afrikaner- en Afrikaansverwante onderwerpe is beskikbaar.
Aansoeke van die volgende aard sal nie vir finansiering in aanmerking kom nie: fiksie, familiegeskiedenis (wel oor genealogie as ’n wetenskap), kongresbywoning en kapitaalprojekte. Navorsing moet aan streng akademiese vereistes voldoen en die resultate moet in Afrikaans gepubliseer word.
Om aansoek te doen, kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za. Slegs aansoeke wat teen 31 Maart ontvang is, sal oorweeg word.