Kultuurorganisasies sal dit op 28 April uitspook om as wenner van vanjaar se kultuur-vasvrakompetisie gekroon te word.
Dié kompetisie word deur die Oranje Rapportryerskorps by die Laerskool Sentraal aangebied.
Die deelnemers is Die Dameskring, Vrystaat-Versorging in Aksie, die Ou Presidensie- Historiese Vereniging, die Van Riebeeck-volkspelelaer, die Staatmakers, die Vryburgers en AfriForum.