Wetstoepassers op paaie moet in die Paastyd veral aandag gee aan die “moenies” wat tot minstens 85% van padongelukke lei, sê Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer.
Sy verwys na onder meer dronk bestuur, hoë snelhede en moegheid.
“Die departement het vanjaar die woord ‘Zithibe’ gekies as die tema vir sy Paasveldtog. Dit beteken ‘Weerstaan die versoeking’,” sê Chikunga in ’n verklaring.
Vusi Mona, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, het Dinsdag (04/04) gesê na verwagting sal veral die N1-, N3- en die N4-snelweg baie besig wees, asook die N12. – Dennis Delport