Die Vrystaatse rugbyliefling Frans Steyn (36) het Dinsdagaand op sosiale media sy uittrede uit beroepsrugby bevestig.
Hy het die tweede Springbok geword, ná die voormalige Cheetah, Os du Randt, wat twee Wêreldbeker-rugbytoernooie gewen het, een keer in 2007 en weer in 2019.
Frans het die Toyota Cheetahs in 28 wedstryde verteenwoordig en sal onthou word vir sy beduidende impak op en van die veld.
Die Toyota Cheetahs het in ’n verklaring Frans vir sy enorme bydrae sedert hy in Julie 2020 by die span aangesluit het, bedank. Sy laaste wedstryd was die Curriebeker-wedstryd teen die Vodacom Bulle op 24 Maart in die Toyota-stadion, Bloemfontein, waar hy ’n kniebesering opgedoen het. Hy het later ’n knieoperasie ondergaan.
In sy verklaring op sosiale media sê Steyn hy het eerlikwaar sy reis nie so sien eindig nie. Hy sou dit graag op eie terme doen. Hy sê hy was gelukkig om vir so lank te kon speel en is dankbaar vir die reis wat hy gehad het.
Die veelsydige Steyn het in 2006 as 19-jarige sy Bok-buiging op vleuel teen Ierland op at Lansdowne Road gemaak en ’n drie gedruk.
Hy het uiteindelik 76 keer in die Groen-en-Goud uitgedraf en sal ook onthou word vir sy monsterskoppe en skepskoppe.
Steyn is ook in 2022 as Sentraal24 se Sportster van die Jaar aangewys.