Franse Kersmark lê voor

Beplan solank jou uitstappie na die Franse Kersmark om daardie baie spesiale Kers­geskenke te koop.


Beplan solank jou uitstappie na die Franse Kersmark om daardie baie spesiale Kers­geskenke te koop.

Die mark vind op Saterdag 2 Desember van 10:00 tot 20:00 by Villa Avianto in Speserylaan, Kwaggafontein, plaas. Die gewone ure van dié mark is verleng om markgangers genoeg tyd te gee om rustig inkopies te doen en daarna lank saam met vriende en familie te kuier.

Benewens ’n groot verskeidenheid uitsoek-produkte wat te koop aangebied word, is daar kos wat gaste hier kan geniet.

Toegang vir volwassenes kos R30 en kinders betaal R10. Kinders ses jaar en jonger kry gratis toegang.

Lees in volgende week se Bloemnuus meer oor die Kersmark.

You need to be Logged In to leave a comment.