Franse Mark amper hier

Teken solank Saterdag 6 April aan as die volgende datum waarop die Franse Mark by Villa Avianto aangebied word.


Teken solank Saterdag 6 April aan as die volgende datum waarop die Franse Mark by Villa Avianto aangebied word.

’n Lekker bonus is dat 200 gaste wat die mark op hierdie dag besoek, elkeen een van Media24 se tydskrifte gratis sal ontvang.

Soos altyd sal die mark in April ook ’n fees vir die sintuie bied – van heerlike eetgoed en lekkernye tot pragtige dekor-artikels en leefstylprodukte wat jou lewe sal verryk.

Die mark begin reeds om 07:30, so beplan sommer vooraf om ontbyt daar te gaan eet terwyl jy onder die sambrele kuier.

Suretha van Heerden, mede-eienaar van Villa Avianto en die koördineerder van die mark, sê dit is vir haar belangrik dat alles wat op die mark verkoop word, gehalte-artikels is.

“Met die mark bied ons ’n veilige plek waar gaste in die natuur kan kuier terwyl hulle deur ’n tikkie Frankryk omring word.”

Vir die mark in April beplan sy en haar span ’n tema rondom mode.

“Ons verwelkom ook troeteldiere en het hoekies waar die hondekinders kan water drink.”

Sy sê hulle moet net aan leibande wees.

Uitstallers wat daarin belang stel om deel van die mark te word, kan haar by 078-529-6891 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.