Franse mark sit vroeg sy Kershoed op

Kom drentel Saterdag (05/11) rond tussen die talle stalletjies op Villa Avianto se vroeë Franse Kersmark.


Kom drentel Saterdag (05/11) rond tussen die talle stalletjies op Villa Avianto se vroeë Franse Kersmark.

Daar sal heelwat nuwe uitstallers wees met interessante produkte, wat dekor en duursame geskenke ideaal vir Kersfees insluit.

Begin die oggend met die Spice Walk om 07:00 en gaan koop daarna heerlike ontbyt, lekkernye, gebak sowel as ander eet- en drinkgoed.

Die Bloemfontein-kinderkoor (BCC) gaan op die mark optree, so kom luister na dié mooi koorsang.

Die mark duur van 08:00 tot 15:00.

Toegang na die mark kos R30 vir volwassenes, leerlinge in gr. 1 tot gr. 7 se toegang kos R10, en kinders jonger as ses jaar kry gratis toegang tot die mark.

Villa Avianto se Laat Kersmark word vir Saterdag 3 Desember beplan.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.