Mense wat unieke handvervaardigde en spesialiteitsprodukte maak, kan aansoek doen om uit te stal by die maandelikse Franse Mark by Villa Avianto. Die volgende mark word Saterdag 5 Maart van 08:00 tot 15:00 aangebied.
Tussen 1500 tot 2000 gaste woon die gewilde mark maandeliks by.
Besoek die webwerf villa-avianto.co.za of rig navrae op WhatsApp by 083-329-4872.