Franse Mark vier die mooiste maand met verskeie lekkertes

Heerlike eetgoed, unieke geskenke en ’n verskeidenheid ander lekkertes is weer beskikbaar op die Franse Mark by Villa Avianto wat Saterdag (01/10) aangebied word.


Heerlike eetgoed, unieke geskenke en ’n verskeidenheid ander lekkertes is weer beskikbaar op die Franse Mark by Villa Avianto wat Saterdag (01/10) aangebied word.

Trek jou tekkies aan en begin die oggend om 07:00 met die Spice Walk teen die koppie uit en kry die litte lekker aan die roer.

Ontspan ná die uitstappie met ’n ontbyt by die mark wat om 08:00 begin en tot 15:00 duur.

Van die nuwe uitstallers op die mark verkoop tuisgemaakte gesondheid-stafies, gourmet-lekkergoed en vir die eerste keer tuisvervaardigde salami en handgemaakte kantknoopwerk-hangmatte en -sakke. Stap tussen die stalletjies wat klere, dekoritems, juwele, kinderspeelgoed en vele meer aanbied.

Kunstenaars op die geleentheid is Fay Lamour (Charné Vermeulen) wat haar eie komposisies eie aan Frankryk speel, asook die Mangaung-marimbas met hul opgewekte klanke.

Toegang is R30, R10 vir kinders van gr. 1 tot gr. 7 en toegang vir kinders ses jaar en jonger is gratis.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.