BLOEMFONTEIN – Die Westdenepark het ses nuwe inwoners wat aan besoekers heelwat genot sal verskaf.
Michael Deutschmann, bestuurder van die Westdene-woonbuurtvereniging, sê hulle het onlangs bergskilpaaie in die bewarea by Reygerstraat se hek vrygelaat.
Besoekers aan die Westedepark word gevra om hul honde aan ‘n halsband te hou sodat die skilpaaie nie gepla word nie.
Soek gerus een wanneer jy weer daar stap – besoekers is genooi om op die die Vriende van Westdenepark se WhatsApp-platform hul foto’s van die skilpaaie in die park te plaas.
Om ‘n lid van die Vriende van Westdenepark te word, kontak Michael by 071 348 5353 of besoek die webwerf Westdene Neighbourhood Association.
Vind hier en hier meer uit oor die ontstaan van die park in Bloemfontein, tussen Albrechtstraat en Genl. Hertzogstraat. Slegs lede van die Vriende van Westdenepark kan toegang tot die park kry, met ‘n kode.
Hier is die ses bergskilpaaie, elkeen met sy naam:






Hier is ‘n video van Aqua wat water drink, wat Deutschmann in die park geneem het:






You must be logged in to post a comment.